Sunday, November 9, 2014

Kwartaal 4

Opdrag

Hieride kwartaal het ons binneshuise versiering aangeraak. Ons opdrag was om ‘n kamer in die bekende Daddy Long Legs Hotel in Kaapstad te ontwerp. Die tema moet egter aantreklik vir toeriste wees en dus kontemporêre Suid-Afrika uitbeeld.

Motivering

Sodra mens aan Suid-Afrika begin dink, begin die Nasionale embleme dadelik deur jou gedagtes te flits. Een van die embleme is die protea.  Die Koningsprotea is ons land se nasionale blom, maar die Proteaceace is ‘n groep blomme wat ongeveer uit 370 verskillende spesies betaan. Dus het ek besluit om hierdie beeldskone blom spesies as inspirasie vir my hotel kamer te gebruik.

Moodboard van hotel kamer





Beskrywing

Die kamer is baie eenvoudig uit gelê. Die doel van die kamer is om ‘n ”vintage” gevoel weer te gee deur verskillende elemente in te skakel. Die mure van die kamer is roomkleurig en die vloere betaan uit “darkwood” houtplanke. Baie van die meubels soos byvoobeeld die kas en bed is deur Victoriaanse style en patrone geinspireer. Die beddegoed self is uit herwonne lap gemaak wat in tee gevlek is, om weereens ‘n oudtydse gevoel te gee. Verder het ek “French doors” geinkorporeer, dit gee ‘n luukse gevoel aan die kanmer en verskaf ook lig. Die oorhoofse tema bly egter die protea, en al die ander elemente van die kamer pas hierby in. 



Kwartaal 3

Opdrag:

Ons het weereens hierdie kwataal ons praktiese ontwerp taak met 'n Nasionale kompetisie gekombineer. Hierdie keer het al die studente in my ontwerp klas deelgeneem aan die Eskom lig kompetisie. Ons opdrag was om 'n ligskerm te ontwerp wat volhoubaar is(met ander woorde nie die omgewing negatief sal beinvloed nie) en die tema van die lig moet twintig jaar van demokrasie wees.


 Beskrywing van die Wol-lig Gloeilamp

Die Wol-lig is ‘n atmosferiese muur lig wat op die slaapkamer en speelkamer mure van meisies tussen die ouderdomme van 6 en 14 gebruik kan word.
‘n Houtraam in die vorm van ‘n vereenvoudige gloeilanp word as die basis van die Wol-lig gebruik.
Die gloeilamp gedeelte van die raam word dan versier met wol van verskillende kleure soos pienk, geel, pers en blou. Die wol word om die houtraam gedraai om ‘n patroon van reguit lyne in verskillende diagonaal direksionaliteite te skep.
Die skroef deel van die raam word geskuur en behandel sodat die hout op sy beste ten toon gestel kan word.
Agter die raam word ‘n “LED strip” in “warm white” geplaas wat lig teen die muur skyn en so in die res van die vertrek reflekteer.


Motveering:

Die Wol-lig is ‘n simbool van demokrasie in ons land, dit is al 20 jaar ‘n realitiet.
Die feit dat die teikenmark jonger kinders is, dra grootliks by tot die idee dat Suid-Afrika se toekom in die jeug se hande lê. Dit is hul verantwoordelikheid, reg en geleentheid om voort te bou om demokrasie en die positiewe verandering wat daarmee saam in 1994 gekom het.
Die verskillende kleure dui op die verskillende rasse, gelowe, godsdienste en culture in ons land. Ten spyte van al die verskille het burgers van Suid-Afrika die geleentheid om tog hul eie unieke liggie te laat skyn in dié land.





Kwartaal 2

Opdrag

Hieride kwartaal is ons praktiese taak gekombineer met 'n Nasionale kompetisie wat deur  die kettingwinkel, Woolworths, gestig is. Die naam van die kompetisie is 2014 MAKING THE DIFFERENS THROUGH DESIGN COMPETITION.  Die opdrag van hierdie kompetisie is om 'n sosiale of omgeweings kwessie te neem en 'n effektiewe oplossing daarvoor te vind deur 'n produk te ontwerp.


Wat is die probleem?

376 Mense sterf elke jaar in meer as 40 000 Township brande regoor Suid-Afrika.
As gevolg van 'n te kort aan genoegsame inligting oor veiligheid maatreels, het Township brande tweede natuur in ons samelewing geword. Die meeste van hierdie brande begin by oop vlamme wat gebruik word om lig te voorsien, kos te kook of hitte te verskaf. Elektriesiteit te kort en min fondse in hierdie onderontwikkelde gebiede vererger die probleem. Oorbevolking in Townships veroorsaak dat die vlamme vinnig verpsrei en die onvoldoende infrastruktuur maak dit onmoontlik vir brandweer beamptes om hierdie brande te blus. Hierdie brande affekteer inwoners van Townhips baie negatief; besittings en behuising word vernietig, slagoffers kan besseerings opdoen en dit kan tot die inwoners se sterftes lei. (Baie kinders sterf in die brande.)

Die Oplossing: Extinguish Clothing Line




Om die probleem op te los, het ek 'n reeks t-hemde ontwerp met innoveernde twee dimmensionele grafiese voorstellings wat Township inwoners sal opvoed oor hoe om brande in hul gemeenskappe te voorkom. Elke t-hemp bevat een veiligheids reel of aanwysings. Die t-hemde sal in die Township gemeenskappe gedra word en sodoende sal almal wat die hemde dra as mobiele advertensie dien en die belangrike inligting versprei. Deur gebruik te maak van handelsmerke, tipografie en style wat algemeen in Townships voorkom en waarmee die inwoners van Townships kan assosieer sal die produk meer effektief verkoop word. Hier volg voorbelde van die ontwerpe wat op die t-hemde sal verskyn...





Die hoofdoel  met die ontwerp is om Township inwoners op te voed, oor hoe hulle brande in hul gemeenskappe kan voorkom. Die veldtog skep ook bewustheid oor die probleem.


Kwartaal 1

Opdrag

Hierdie kwartaal het ons in diepte tipografie behandel, van die vroegste vorme van kommunikasie soos rotskuns in die Mesolitiese tydperk tot en met Digi Grotesk waaraan ons in moderne tye gebruik maak. Ons opdrag vir hierdie kwartaal was om ons eie alfabet te ontwerp. Ons moes op 'n tema besluit en  nuwe lettertipes daarop grond.
Eksperimente met Tipografie


Ontwerp Konsep

Onder die oppervlak van die oseaan broei daar miljoene interessante plante en diere. Ek het hierdie vreemde vorms, teksture en kleure as inspirasie gebruik om my alfabet te skep. My hoofdoel was om herkenbare vorms en lyne wat in die oseaan voorkom, te manipuleer en  in letters te omskep. 


Beskrywing van die Alfabet Ontwerp

Lyn: Om 'n sagter voorkoms uit te beeld het ek sagte organiese lyne gebruik. Die lyngebruik weerspieel die natuurlewe wat onder die see is. Die lyne is ook dun en gekurf.
Toonwaardes: Ek het potlood as medium gebruik en daarmee het ek toonwaardes geskets. Die toonwaardes gee elke individuele skets/letter 'n 3D voorkoms.
Kleur:  Die kleurgebruik in my alfabet is minimaal, sodat die fokuspunt die letters en hul vorm bly. Die eenvoudige kleurgebruik dra ook by tot die sagtheid en sagte gevoel van die ontwerp. Die agtergrond is 'n tersiere kleur, naamlik ligbruin, en dit skep 'n warm gevoel.
Ritme/Beweging: Deur deurgans dieselfde teken tegniek te gebuik word ritme geskep wat beweging in die alfabet tot gevolg het.
Proporsie en Skaal: Die sketse van die letters word gemanipuleer sodat al die letters dieselfde grootte is. Die doel hiermee is om eenheid in die alfabet te skep.


Finale Ontwerp