Opdrag
Hierdie kwartaal het ons in diepte tipografie behandel, van die vroegste vorme van kommunikasie soos rotskuns in die Mesolitiese tydperk tot en met Digi Grotesk waaraan ons in moderne tye gebruik maak. Ons opdrag vir hierdie kwartaal was om ons eie alfabet te ontwerp. Ons moes op 'n tema besluit en nuwe lettertipes daarop grond.
Eksperimente met Tipografie |
Ontwerp Konsep
Onder die oppervlak van die oseaan broei daar miljoene interessante plante en diere. Ek het hierdie vreemde vorms, teksture en kleure as inspirasie gebruik om my alfabet te skep. My hoofdoel was om herkenbare vorms en lyne wat in die oseaan voorkom, te manipuleer en in letters te omskep.
Beskrywing van die Alfabet Ontwerp
Lyn: Om 'n sagter voorkoms uit te beeld het ek sagte organiese lyne gebruik. Die lyngebruik weerspieel die natuurlewe wat onder die see is. Die lyne is ook dun en gekurf.
Toonwaardes: Ek het potlood as medium gebruik en daarmee het ek toonwaardes geskets. Die toonwaardes gee elke individuele skets/letter 'n 3D voorkoms.
Kleur: Die kleurgebruik in my alfabet is minimaal, sodat die fokuspunt die letters en hul vorm bly. Die eenvoudige kleurgebruik dra ook by tot die sagtheid en sagte gevoel van die ontwerp. Die agtergrond is 'n tersiere kleur, naamlik ligbruin, en dit skep 'n warm gevoel.
Ritme/Beweging: Deur deurgans dieselfde teken tegniek te gebuik word ritme geskep wat beweging in die alfabet tot gevolg het.
Proporsie en Skaal: Die sketse van die letters word gemanipuleer sodat al die letters dieselfde grootte is. Die doel hiermee is om eenheid in die alfabet te skep.
Finale Ontwerp |
No comments:
Post a Comment