Opdrag:
Ons het weereens hierdie kwataal ons praktiese ontwerp taak met 'n Nasionale kompetisie gekombineer. Hierdie keer het al die studente in my ontwerp klas deelgeneem aan die Eskom lig kompetisie. Ons opdrag was om 'n ligskerm te ontwerp wat volhoubaar is(met ander woorde nie die omgewing negatief sal beinvloed nie) en die tema van die lig moet twintig jaar van demokrasie wees.
Die
Wol-lig is ‘n atmosferiese muur lig wat op die slaapkamer en speelkamer mure
van meisies tussen die ouderdomme van 6 en 14 gebruik kan word.
‘n
Houtraam in die vorm van ‘n vereenvoudige gloeilanp word as die basis van die
Wol-lig gebruik.
Die
gloeilamp gedeelte van die raam word dan versier met wol van verskillende
kleure soos pienk, geel, pers en blou. Die wol word om die houtraam gedraai om
‘n patroon van reguit lyne in verskillende diagonaal direksionaliteite te skep.
Die
skroef deel van die raam word geskuur en behandel sodat die hout op sy beste
ten toon gestel kan word.
Agter
die raam word ‘n “LED strip” in “warm white” geplaas wat lig teen die muur skyn
en so in die res van die vertrek reflekteer.
Motveering:
Die
Wol-lig is ‘n simbool van demokrasie in ons land, dit is al 20 jaar ‘n
realitiet.
Die
feit dat die teikenmark jonger kinders is, dra grootliks by tot die idee dat
Suid-Afrika se toekom in die jeug se hande lê. Dit is hul verantwoordelikheid,
reg en geleentheid om voort te bou om demokrasie en die positiewe verandering
wat daarmee saam in 1994 gekom het.
Die
verskillende kleure dui op die verskillende rasse, gelowe, godsdienste en
culture in ons land. Ten spyte van al die verskille het burgers van Suid-Afrika
die geleentheid om tog hul eie unieke liggie te laat skyn in dié land.
No comments:
Post a Comment